Testimonials

What others say

“STRENGHT does not come from winning.
Your struggles develop your strengths.
When you go through hardships and
decide not to surrender,
THAT is strength”
(Mohandas Gandhi)

“Sy stap die ekstra myl saam met ouers en bemagtig ouers om die regte
ondersteuning aan hul kind te gee.”

“As ‘n pediatriese arbeidsterapeut het ek die voorreg gehad om met
Esmé  Taljaard in haar professionele hoedanigheid kennis te maak na
my studies in 1998. Esmé  het ‘n gawe en ‘n passie, sowel as kennis en vaardigheid, waarmee sy nie net ouers nie, maar ook onderwysers en terapeute met haar kennis en raad oor kinders met spesiale behoeftes
bystaan. Sy stap die ekstra myl saam met ouers en bemagtig ouers om die regte
ondersteuning aan hul kind te gee, sodat hy of sy tot hul volle
potensiaal kan ontwikkel. Ek kan haar met die grootste vrymoedigheid
aanbeveel!”
Heidi Sephton
Pediatriese Arbeidsterapeut in Pretoria

Esmé het dadelik tot ons redding gekom en weereens het sy my as mamma gekalmeer en bygestaan en oplossings voorgestel.”

Ek was ‘n mamma met hande in my hare en ‘n stukkende hart!

Alreeds was my dogter gediagnoseer met ADHD en toe skielik, uit die bloute, het my laerskool seun se punte so verswak dat die skool my in kennis gestel het dat daar “groot sekerheid” bestaan dat my seun die jaar sou moes herhaal.  Dit was ‘n groot skok, want DIT was nie hoe my kind is nie.

Die situasie het vererger want nou het ook gereelde aanmeldings van die skool gekom, oortredings wat ongewoon was van my kind. Dit het so intens vererger dat die skool ons in kennis gestel het dat ‘n verhoor en moontlike skorsing kan volg.

Moedeloos oor waarheen nou, hoor ek toe ‘n praatjie van Esmé op Radio en so begin die vrae deur my kop maal. Dit het vir my gevoel of Esmé my kind beskryf en oor hom praat. Ek het onmiddelik met haar kontak gemaak. Dit was ongelooflik, Esmé was van ons eerste kontak, sag, betroubaar en gerusstellend.  Ek het veilig gevoel en geweet daar is hoop vir my seun.

Sy het ons as hele gesin onder haar vlerk geneem en die pad saam met ons begin stap.  My seun is gediagnoseer met ADHD, en Esmé het elke tree van die pad saam met ons gestap en bygestaan, te midde van haar eie pyn en familie verliese waarmee sy moes deel.  

Die wonderlike uitkoms was dat my seun, binne ‘n kort tydjie verbeter het en ons was verheug, want van ‘n moontlike “druip”, slaag hy toe met ‘n gemiddeld van 60% ! 

Na ‘n paar maande het dinge weer begin versleg, ons was teleurgesteld, maar nie moedeloos nie. Esmé het dadelik tot ons redding gekom en weereens het sy my as mamma gekalmeer en bygestaan en oplossings voorgestel.

Alhoewel ‘n terugslag gevolg het, op emosionele vlak vir ons, het ons hoop gehad. Esmé het, na konsultasie, aan ons uitgewys dat sy vermoed dat my seun se simptome dramaties verander het en sy het Bipolariteit aan ons uitgewys.
My seun het nie net ADHD nie maar is ook gediagnoseer met Bipolêre Versteuring. 
Esmé het in ‘n oogwink, almal wat betrokke is by my seun, gekontak. My seun het spoedig die nodige hulp en verdere behandeling ontvang. Selfs my seun het uitermatige vertroue in Esmé geopenbaar en wou graag met “Tannie Esmé” gaan praat.

Baie dankie Esmé vir jou menswees en passie. 
Mag jy nog vele gesinne bystaan met die gawe wat ons GOD jou gegee het!!
Chantelle Wasserman
Mamma

esmé het deur vele jare ‘n baie groot rol in ons lewe gespeel, altyd gereed met raad en bystand van hoe om sekere probleme aan te spreek.”

Een oggend, jare gelede, het ek na ‘n praatjie geluister op Radio Pretoria toe ‘n dame aan die woord my kind beskryf. Dit was ongelooflik want die persoon het nie my kind geken nie. Ek het dadelik nader geskuif, die radio harder gedraai sodat ek elke feit en woord wat sy gesê het kon inneem.

Die dame was Esmé Taljaard. Ek het haar kontak besonderhede afgeneem,‘n konsultasie bespreek met haar en van Secunda na Pretoria gereis. Tydens die konsultasie het sy my meegedeel dat ‘n holistiese benadering deel van die behandeling is. Die implementasie van ‘n eetprogram, uitgesluit van kleur-geur en preserveer middels, asook om my seun die regte vitamines te gee, was die eerste belangrike vertrekpunt. Sy het my ook verwys na’n pediater vir ‘n volledige evaluasie.

Ek het by haar ondersteunings groep aangesluit, waarvan ‘n volledige voedsellys deel van lidmaatskap was. Binne een week het ek‘n verskil in my kind gesien, ons was almal oorsteld. Vir die eerste keer in jare kon my seun vir‘n half uur lank stil sit, en selfs ook na‘n televisie program kyk. Hy kon sy aandag bepaal, en ons was in die wolke!

Esmé het deur vele jare ‘n baie groot rol in ons lewe gespeel, altyd gereed met raad en bystand van hoe om sekere probleme aan te spreek. Vandag is my seun ‘n man van 33 jaar, en nog steeds loop Esmé die pad saam met ons. Sy is altyd gewillig om te luister en raad te gee. Sy herinner my ook altyd aan klein dingetjies wat ‘n mens so maklik vergeet omdat jy dink hulle is nou volwasse en kan self funksioneer.


Esmé, jy doen wonderlike werk en dankie vir die BAIE jare se saam loop en saam wees, en dat jy altyd daar is wanneer mamma’s, pappa’s, gesinne net moedeloos word. Dankie dat jy selfs gesinne wat jy nie ken nie altyd sal optel en bystaan.
Ek bid jou net alles wat mooi is vir die toekoms toe, en ek weet jy gaan‘n groot sukses maak en dat jy nog vele gesinne en mense sal help wat sukkel met verskeie Geestesgesondheid kondisies.
Jo- Elce Freeke
Mamma

“Years later I met Esmé and from the first moment of interaction with her, there was just that “something”, and I knew that this woman was Princess Diana’s counterpart and my new icon. “.

Gedurende my kinderdae, ek onthou so goed, was Prinses Diana my ikoon! Sy was nie net beeldskoon van buite nie maar ook van binne. Haar hart van goud en onvoorwaardelike liefde wat sy sonder skroom kon gee om ander se lewens te verbeter was vir my twee van haar mooiste, uitsonderlikste eienskappe. Ten spyte van haar eie innerlike struwelinge het sy aanhou omgee vir ander. ‘n Merkwaardige vrou inderdaad!

Jare later ontmoet ek vir Esmé, en van die eerste oomblik was daar net “iets” en ek geweet, haar menswees is Prinses Diana se ewebeeld! Vir my sal Esmé altyd ‘n inspirasie en rolmodel wees. Die liefde wat sy uitstraal en uitleef is aansteeklik, liefde na selfs onbekendes! Ek is altyd verstom oor die uitdagings wat Esmé aanpak, selfs die wat net opduik op haar lewenspad, maak nie saak hoe swaar of maklik,  sy hanteer elke uitdaging met oorgawe en liefde. Haar inspraak in my lewe, asook die vele kere wat sy advies of raad kon gee, sal ek vir ewig voor dankbaar wees.

Esmé se passie is  om ondersteuning, raad en hoop te bied aan persone wat moet deel met en of ander Geestesgesondheid kondisies.
 
During my childhood, Princess Diana was my ultimate icon, and for me, she was a beautiful woman, not just from the outside but also from the inside. She had a heart of gold, never held back to give, support and love those she didn’t even know. She uplifted others with her smile, and for me, these were her most beautiful qualities.  Despite facing her own inner struggles daily, she continued to care for others. A women of worth!

Years later I met Esmé and from the first moment of interaction with her, there was just that “something”, and I knew that this woman was Princess Diana’s counterpart and my new icon. Esmé will always be an inspiration and role model for me.   The love and passion she projects are contagious. She supports people, no matter her own hardships and losses, others always come first. 

She is passionate to support and uplift those dealing with Mental Health conditions.
Whatever challenge is given to her, she does with dedication and love.
 
Janine Munro (Burger)
Mother

“esmé staan altyd gereed om te help, geen berg is ooit te groot vir haar nie

Ek is ‘n voltydse werkende mamma van drie meisie-kinders (tweeling 5 jaar oud, en ouer sussie 7 jaar oud) en is Bemarkings Hoof by die maatskappy waar ek werk. Ek ken vir Esmé al die afgelope 15 jaar. Deur die jare het ek soveel geleer by haar van ma wees, vrou wees en om‘n suksesvolle loopbaan te volg.

Sy is ‘n rolmodel vir baie dames, en skroom nooit om te help waar sy kan nie. Danksy Esmé het ek al baie struktuur en roetines in my huishouding geimplementeer, en dit help my om my rol as mamma, vrou asook die uitdagings van ‘n voltydse beroepsloopbaan in balans te hou.

Esmé se raad rakende visuele stelsels, soos beloningskaarte, roetine sisteme, asook om seker te maak ons kinders volg gesonde eetgewoontes, het my werklik baie gehelp met die opvoeding van ons dogters tot vandag.

Ek is ewig dankbaar vir haar kennis, wat min mense deesdae op so vrymoedige manier deel soos sy doen.
Bianca Kruger
Mamma